Friday 12 July 2013

Broodmandjies




Ria Posthumus
Moenie brood weg gooi nie. Hier is wat ek daarmee maak en ek verduidelik gou... Sny die korsies af en hou dit eenkant... neem 'n kolwyntjie pan en spuit dit met die nie kleef middel. Druk die snytjies daarin en plaas dit in die oond. Droog dit uit tot dit mooi bruin is (nie gebrand nie.. ha ha). Plaas dit dan in 'n lugdigte houer en hou dit vir 'n vinnige ietsie om te eet. Plaas enige vulsel daarin. Glo my dit kom baie handig in. Vries die korsies as jy nie dadelik broodkrummels daarvan wil maak nie.. maar ek blits hulle sommer gou gou en vries dit dan. Kom handig in vir disse wat dit nodig het en vir frikkadelle maak.