Tuesday 2 July 2013

Broccoli en Bloukaas Sop




Genoeg vir 4-6
Gebruik dieselfde basiese  resep vir groentes wat meer water bevat,  soos broccoli, murgpampoentjies
en aspersies.
Vervang die wortels deur ’n middelslagaartappel, geskil en  in blokkies gesny, en 3 broccolikoppe (of groente  van jou keuse), in kleiner  stukkies gesny. Kook die groente net vir 5  min. in die aftreksel sodat die groen kleur  behoue bly. Rond die sop af met ’n koppie  room, ’n raspertjie neutmuskaat en krummel  bloukaas bo-oor (opsioneel).