Wednesday, 12 June 2013
Suurlemoenatjar
Suurlemoenatjar
1 kg vars suurlemoene
75 g fyn sout
3 k wit asyn
1 t mosterdsaad
1 knoffelhuisie, gerasper
1 k sonneblomolie
250 g gemengde atjarmasalapoeier
75 g wit suiker
1-3 groen rissies (optioneel), gesny
Was die suurlemoene en plaas 24 uur in vrieskas. Sny die suurlemoene in agstes en verwyder al die pitjies. Vryf gesnyde suurlemoene deeglik met sout en voeg asyn in. Marineer 12 ure, roer deeglik af en toe. Dreineer deeglik deur ‘n melkdoek of sif. Meng die mosterdsaad, knoffel, sonneblomolie, atjarmengsel en suiker goedken voeg groen rissie by. Gooi oor die suurlemoene in gesteriliseerde bottels en maak toe. Laat staan oornag voor gebruik.