Monday, 24 June 2013

Malvalekkertes

Santie Carelse
Malvalekkertes
60 ml botter
40 malvalekkers
1 tl vanilla geursel
6 kop Rice Crispies

 Sit die botter en malvalekkers in groot glasbak.
Mikrogolf dit tot die malvalekkers uitgepof en sag is
Haal uit mikro-oond en roer die vanilla geursel by.
Roer die Rice Crispies met staallepel by.
Gooi uit in gesmeerde plat glasbak.
Maak jou hande effens nat en druk vas in die bak.
Laat afkoel en druk harte met 'n drukkertjie uit.