Friday 28 June 2013

Hannelie se aartappel gereg

Hannelie Barnard
Dit was ons middagete.
Kook baba-aartappels tot gaar.
Braai solank stukkies spek, 'n fyngemaakte ui, eiervrug opgesny in bietjie olie.
Maak mengsel van meel en melk. Gooi paar lepelsvol bruin-uiesop by en klits.
Voeg aartappels by die braaimengsel in die pan, botter of margarien by en braai so 'n bietjie. Onthou sout en peper. Gooi melkmengsel by. Roer goed . Rasper kaas oor, ek het ook cherry tamaties in kwarte gesny en heel laaste oorgegooi.