Tuesday, 25 June 2013

gemmerkoekies

Esme Sales
Dis nie my eie resep nie, dit kom uit n boekie wat ek jare gelede gekry het, nl "Wenners uit die plaaskombuis - Hettie Hauman".

3 x 250ml koekmeel
375 ml suiker
25ml gemaalde gemmer
2,5ml sout
250ml margarine
45ml goue stroop
10ml koeksoda
125ml warm water

 Stel oond op 160 -180 'C
Sif die koekmeel, suiker, gemmer en sout saam
Vryf die margarine met die vingerpunte in en voeg dan die gouestroop by
Los die koeksoda op in die warm water
en voeg by die meelmengsel
Maak klein balletjies en druk plat met n vurk of drup teelepelsgewys op gesmeerde bakplaat
Nie te naby aanmekaar nie, want dit sprei nogals redelik
Bak dit redelik hoog in die oond want die koekies verbruin baie gou

 Geniet dit