2 x 170g blikkies tuna, goed gedreineer
½ ui, fyngerasper
375ml gaar bruinrys
250ml bevrore ertjie-en-mieliemengsel
125ml vars bruinbroodkrummels
125ml fyngerasperde mozzarellakaas
1 eier, geklits
15ml sojasous
60ml soetrissiesous
15ml tamatiepasta
Sout en vars gemaalde peper na smaak
Olie, vir braai
Meng tuna, ui, rys, groente, broodkrummels en kaas goed saam. Klits eier, sojasous, soetrissiesous en tamatiepasta saam en geur goed met sout en peper. Voeg by tunamengsel en meng goed. Sit mengsel vir 15 minute in die yskas en vorm vis koekies.
Braai in vlak olie tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en sit voor met knoffelmayonnaise óf soetrissiesous en ’n mengelslaai, of maak ’n bak aartappelskyfies daarby vir ’n meer vullende ete.
Lewer vier porsies.See More