Friday 17 May 2013

Suurlemoen tee vir verkoues

Suurlemoen Tee vir verkoues en seer keel.

(Jy kan die stoom van die tee in asem om ook vir sinus te help.  Ag dit laat jou sommer net beter voel.)
1 Eetlepel vars gemmer (gerasper)
1 Eetlepel vars uitgedrukte suurlemoensap
1 Eetlepel heuning  (na smaak)

Plaas die gemmer in ‘n teepot met gooi 1 koppie water oor.  Kook en laat trek vir so 2 tot 3 minute.
Plaas die heuning en suurlemoensap in ‘n beker.  Gooi die gemmer teewater deur ‘n sif in die koppie oor.  Roer en geniet.