Thursday, 9 May 2013
Poppie se Broodpoeding
Vir hierdie resep maak onthoukok Poppie Coetzer haar eie ‘amandelmelk’ deur perskeblare saam met melk te kook. Hoe meer blare hoe intenser die amandelgeur.
Oond temperatuur: 160˚C
Porsies: 8
10 snye wit brood (2 dae oud indien moontlik)
125 ml suiker
310 g appelkooskonfyt
50 ml korente
25 ml amandels ongebrand
25 ml amandels gebrand
15 ml botter (ongesout)
2 ml sout
1 l volroommelk, gekook met 30 ml perskeblare
4 eiergele
125 ml suiker
Sout
Baie kaneel vir strooi
4 eierwitte, styfgeklits met 4 e suiker
*Voorverhit oond tot 160ºC .
1 Sny korsies van brood af.
2 Sny in driehoeke.
3 Smeer botter en appelkooskonfyt oor die brood.
4 Pak brood met gebotterde kant na bo.
5 Klits nou amandelmelk met 4 eiergele, suiker en knippie sout. Gooi bo-oor brood. Laat goed deurloop. Laat staan 20 minute.
7 Strooi kaneel ruim oor. Strooi helfte van die neute oor.
8 Bak op 160ºC vir 40 minute.
9 Smeer meringue bo-oor. Strooi res van die neute oor en bak nog 15 minute op 150ºC tot bruin.
10 Haal uit en strooi kaneel oor en bedien met amandelvla.
Amandel vla
1Ɩ melk met 30 ml perskeblare gegeur
5 eiergele
114 g suiker
1 Klop eiers en suiker oor dubbelkastrol tot lintstadium, dik en louwarm.
2 Roer eiers met eierspaan. Gooi warm amandelmelk by en roer goed deur.
3 Hou aan met roer en rante skoon te hou van bak totdat vla vorm.