Friday 17 May 2013

Maklike Sjokolade Tert





Maak koekie-kors van sjokolade- of tenniskoekies, of pak swiss roll skywe onder-in tertbak.
Maak 2 pakkies sjokolade kitspoeding aan, soos aanwysings op pakkie.
Skep poeding op koekiekors of swissroll skywe.
Klits 250 ml vars room styf en skep bo-op poeding.
Rasper gewone of peppermint sjokolade bo-oor.
Plaas rukkie in yskas voor bedien.