Tuesday 14 May 2013

Karamel-appelringkoek




Trix Marx se resep
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute
Genoeg vir 6 mense

220 g botter
 
250 ml (1 k) strooisuiker
 
4 eiers
375 ml (1½ k) bruismeel
 
60 ml (¼ k) melk
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
 
410 ml (1 blik) tertappels
 
Karamelsous
 
125 ml (½ k) strooisuiker
 
10 g botter
250 ml (1 k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ringkoekpan.


Verroom die botter en suiker tot donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits tussenin.

Vou die meel, melk en vanielje-ekstrak in tot goed gemeng.

Giet die helfte van die mengsel in die koekpan, pak die tertappels in lae daarin en bedek dit met die res van die deeg.

Bak 50 minute in die oond of tot ’n steekpen skoon uitkom.

Laat afkoel op ’n draadrak.

Karamelsous 
Verhit die strooisuiker in ’n kastrol oor medium hitte tot dit begin oplos.

Voeg dan die botter by en roer die room vinnig in.