Friday 24 May 2013

Engelkoek




(6 porsies)
  • 12 eierwitte
  • 280 g (335 ml) strooisuiker
  • 10 ml vanielje-geursel
  • 160 g (285 ml) koekmeel, 3 keer gesif
  • 250 ml frambooskonfyt
ROOMKAAS-VERSIERSEL
  • 120 g sagte botter
  • 240 g versiersuiker, gesif
  • 230 g roomkaas
  • 250 g frambose
  • 100 ml heuning
Verhit oond tot 160 ˚C. Klits eierwitte met elektriese menger tot sagte punte. Gooi strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Klits vanielje by. Vou meel versigtig by met slaplemmes. Gooi mengsel in ongesmeerde 30 cm-losboompan. Bak vir 40 - 45 minute of tot buitekant goudbruin is en 'n toetspen skoon uitkom. Haal uit oond en draai die pan onderstebo op afkoelrak. Laat afkoel. Gebruik 'n slaplem-mes en druk dit tussen die koek en die pan in. Sny dit versigtig los so na aan die pan as wat jy kan en keer versigtig uit. Sny koek met skerp mes horisontaal in twee helftes. Smeer konfyt op een helfte en plaas tweede helfte bo-op. Maak versiersel Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, sowat 5 - 8 minute. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Smeer aan kante van koek. Gooi bessies en heuning oor.