Tuesday 23 April 2013

Volstruisnek lekker sag in die stoompot (3 resepte)

Dalene Brits
 
Hier is 2. Die eerste het ek onlangs self gemaak en my mense het eers later uitgevind dit is nie oxtail nie!
Volstruisnek vir fynproewers
1 volstruisnek Stukkie vet skaap-of beesvleis
1 groot ui 1 liter gemmerlin
1 blik (410g) tamatiepuree 1 blik (410
g) heel tamaties
Halwe pakkie sampioene 2 beesvleisekstrakblokkies
1 pakkie tamatieroomsop-poeier 250 ml vars room

METODE:

Kook die volstruisnek saam met die skaap-of beesvleis en ui tot amper sag in die gemmerlim. Voeg die puree, tamaties, sampioene en ekstrakblokkies by en kook tot sag. Meng die soppoeier en room goed, voeg by en laat prut 2 minute.
Landbouweekblad 24 Desember 1999

Volstruisnekpot
Sous
500 ml water 500 ml droë rooiwyn
250 ml blatjang 1 pakkie beesstertsoppoeier
30 ml aromat 5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper 250 g spekvleis, gesnipper

1.5 kg volstruisnek, soos beesstert gesny
500 g skaapskenkels 10 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn 1 selderystingel, grof gekap
2 groot uie, in ringe gesny 2 preie, in skyfies gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny 15 ml vars roosmaryn
4 wortels, in skywe gesny
4 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny
410 g botterbone
12 klein uitjies
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny

Metode
Meng al die bestanddele van die sous deeglik en hou dit eenkant.
Verhit jou potjie oor matige kole.
Soteer die spekvleis 5 minute lank.
Voeg die volstruisnek, skaapskenkels, knoffel en brandewyn by en roerbraai 5 minute lank.
Rangskik die seldery, uieringe, prei, soetrissie en roosmaryn bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Giet die sous oor.
Sit die deksel op en laat prut dit 2 uur lank oor matige kole.
Voeg die wortels, aartappels en botterbone, met sous, by.
Giet kookwater by indien nodig.
Sit weer die deksel op en laat prut dit nog 30 minute lank.
Voeg die klein uitjies, sampioene en murgpampoentjies by.
Sit die deksel op en laat prut dit 30 minute lank.
Roer dit deur voor bediening en bedien dit met krummelpap of stampkoring.
 
of
 

Melinda Botha se Volstruisnekpot- my man laat die vleis vir 2 ure le in rooiwyn, olyfolie en worchestersous - om te trou, dan maak jy die potjie soos skaapvleis. Gooi die wynsousie ook by in die pot. Ek hou daarvan om bietjie soetigheid by te sit soos gedroogde perskes. Heerlik.