Tuesday 9 April 2013

Oreo Cupcakes




Anita Glatz

Plaas die volgende lae in ‘n muffin-pannetjie
1 x Oreo, lagie grondboontjie-smeer, nog ‘n Oreo, nog ‘n
lagie grondboontjie-smeer.
Gooi laastens “brownie mix” bo-oor en bak vir 20 minute teen 180⁰C

Brownie Mix"

Mens kan dit maak soos benodig of 'n hele paar mengsels vooraf maak en bêre in lugdigte flesse. Ook oulik as geskenk want dis so maklik om die beslag aan te maak met die aanwysings op die bottel.
1 1/4 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
2/3 koppie onversoete kakao poeier
2 koppies wit suiker
Meng al die droë bestanddele goed saam en plaas in 'n lugdigte fles. Wanneer jy wil aanmaak, voeg die volgende by :
1 koppie gesmelte botter
3 eiers
1 teelepel vanilla
Meng goed en gooi oor oreo koekies, bak op 180 grade vir 22 - 25 min