Wednesday 10 April 2013

Geurige groentesop (warm)



Spesiaal vir die dames wat op dieet is

Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)
Bestanddele
  • 3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
  • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie
  • 6 koppies (1,5 liter) kookwater
  • 2 teelepels (10 ml) sout
  • 500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
  • 700 g wortels (gesny of gerasper)
  • 300 g groenbone (gekerf)
**Variasies
Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by 'n paar minute voordat die kookproses klaar is.

Metode
  1. Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in 'n diep pot. 
  2. Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
  3. Kook sowat 20 minute tot nét sag.