Tuesday 9 April 2013

Die beste eierbroodjie




Genoeg vir 4

8 snye plaasbrood, gebotter
200 g cheddarkaas in dun skyfies gesny
8 lappies goeie salami of ham
4 eiers

Beslag
4 eiers
60 ml (¼ k) room
sout en swartpeper
60 ml (¼ k) botter vir braai

1. Sit 4 van die gebotterde snye op ’n broodbord en pak die kaas en salami daarop, bedek met die ander 4 snye. Druk met ’n 5½ cm-koekiedrukker ’n gaatjie in die middel van elke toebroodjie.
2. Maak die beslag: Klop die eiers, room, sout en peper saam. Verhit ’n pan oor matige hitte. Smelt ’n klontjie botter daarin.
3. Doop die toebroodjies in die beslag en braai vir 5 min. of tot ligbruin aan die een kant. Draai die broodjies om, breek ’n eier in elke gaatjie en bak vir 4 min. tot die eier gaar is. Jy kan ’n deksel opsit om dit vinniger gaar te maak. Haal die broodjie versigtig uit en smul!