Tuesday 12 March 2013

Tuisgemaakte paaseiers




Paasbederf met net 7 bestanddele.
(6 porsies)

1.200 g donkersjokolade, fyngekap
2.10 ml gelatien
3.30 ml water
4.400 g bevrore frambose
5.45 ml suiker
6.200 g witsjokolade, fyngekap
7.250 ml room

Smelt donkersjokolade in ’n glasbak oor ’n pot met kookwater. Verf gesmelte sjokolade met ’n koskwassie in die holtes van 12 halfeier-vorms. Plaas in vrieskas tot gestol. Herhaal die proses 3 maal. Week gelatien in water vir 1 minuut. Plaas frambose en suiker in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute. Verpulp in voedselverwerker en druk mengsel deur ’n sif. Voeg geweekte gelatien by terwyl mengsel nog warm is en roer tot gesmelt. As die mengsel te koud is, verhit dit ’n paar sekondes in die mikrogolfoond. Smelt witsjokolade en 50 ml van die room saam in ’n glasbak oor kookwater. Voeg by framboosmengsel en meng goed. Klits room tot sagte punte vorm en vou in. Verdeel tussen 6 van die sjokolade-holtes. Sit vir 2 – 3 uur terug in yskas om te stol. Haal versigtig uit vorms en sit leë sjokoladehelftes bo-op. Sit voor.

Wenk
As jy nie vorms kan kry nie, laat die mousse in klein bakkies stol en gooi gesmelte donkersjokolade oor net voor jy dit voorsit.