Tuesday 19 March 2013

Ontbyt met sampioene en eiers in bakkies (oondgebak)




Bestanddele
(4 porsies)
6 wit sampioene, in dun skyfies gesny
1 eetlepel botter
4 eetlepels room
4 teelepels botter
sout en varsgemaalde swartpeper


8 groot eiers
Voorverhit oond op 180 °C
Smelt die eetlepel botter in ’n pan.
Braai die sampioene vir ongeveer 10 minute tot effens bruin.
Geur met sout en swartpeper.
Verdeel die sampioene tussen 4-bakkies.
Plaas nou ’n teelepel botter bo-op die sampioene en dan ’n eetlepel room.
Breek 2 eiers in elke bakkie en geur met sout en swartpeper.
Plaas al 4 bakkies in ’n oondbak en gooi kookwater tot by die helfte van die bakkies.
Plaas vir 20 minute in ’n oond teen 180 °C.
Hou maar dop, want jy bak dit net tot die eiers gestol is.
Die eiergeel moet nog sag wees, want die lekker is om roosterbrood stukkies daarin te doop.