Tuesday 19 March 2013

Kerrie en rys




500 g maalvleis
1 ui
Bietjie olie
½ teelepel Rajah kerriepoeier (mild and spicy)
Blikkie groente
2 eetlepels appelkooskonfyt
3 of 4 naeltjies
1 pakkie Royco mild thai Kerrie (bief) (klaar geel, geen borrie nodig)
Gooi ‘n bietjie olie in ‘n kastrolletjie. Kap ui en braai in die olie. Gooi die kerriepoeier by. Laat dit saam met die uie braai. Voeg maalvleis by en braai tot bruin en gaar. Meng Royco mild thai kerriepoeier met water en voeg by die maalvleismengsel. Prut oor stadige hitte. Voeg naeltjies by. Gooi 2 eetlepels appelkooskonfyt by. Dan die groente. Bedien met rys, piesang en blatjang.