Wednesday 13 March 2013

Jogurtjellie




(4 GROOT PORSIES OF 8 – 12 KLEINER PORSIES)
  • 20 ml kookwater
  • 20 ml gelatienpoeier
  • 400 ml vetvrye aarbeijogurt
  • 1 pakkie suikervrye aarbeijellie
  • vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekinbakkies of jellievorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurtmengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.
Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbeijogurt.