Wednesday, 6 March 2013

Frikkadelle met tamatiesous en spaghetti




(4 PORSIES)
Tamatiesous
•15 ml olyfolie
•1 ui, fyngekap
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•2 x 140 g-blikke gekapte tamaties
•125 ml rooiwyn
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•5 ml gemengde droë kruie
Verhit olyfolie in kastrol. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties en rooiwyn by. Geur met sout, peper en kruie. Sit deksel op en laat prut vir sowat 1 uur.



Frikkadelle
SOWAT 20 GHOLFBAL-GROOT FRIKKADELLE
•2 snye witbrood
•100 ml melk
•1 eier, geklits
•500 g maalvleis
•4 varkworsies, uit omhulsel gehaal
•60 g parmesaankaas, gerasper
•15 ml olyfolie
•20 ml gekapte pietersielie
•2 knoffelhuisies, gekap
•5 ml gerasperde suurlemoenskil
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•1 pak spaghetti
•100 g parmesaankaas, gerasper, vir voorsit
•vars basiliekruid vir bo-op
Verhit oond tot 180 °C. Week brood in melk vir sowat 5 minute. Druk melk uit brood en gooi melk weg. Meng brood en res van bestanddele baie goed. Vorm frikkadelle en plaas in oondbak. Sit in oond vir sowat 30 minute. Haal uit en gooi tamatiesous oor. Plaas terug in die oond vir 10 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer en sit voor saam met parmesaankaas en vars basiliekruid.