Monday, 4 March 2013

Botterhoenderpakkies




Genoeg vir 6 mense

80 ml (⅓ k) gewone jogurt
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) gekapte knoffel
15 ml (1 e) gekapte gemmer
5 ml (1 t) fyn komyn
15 ml (1 e) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
sout en peper
4 hoenderborsies, in blokkies gesny

25 g botter
2 rooi brandrissies, gekap
1 blik (410 g) tomatiepuree
kospakkies (wraps) en vars koljander vir voorsit

1 Voorverhit die oondrooster op hoog. Meng die jogurt, suurlemoensap, knoffel, gemmer, komyn, fyn koljander, paprika, sout en peper in ’n bak. Voeg die hoenderblokkies by en roer om te bedek.
2 Rooster die hoender 10 minute.
3 Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die brandrissies en geroosterde hoender by en kook 5 minute. Voeg die tamatiepuree by en laat prut nog 5 minute.
4 Sit die hoender saam met kospakkies (wraps) en vars koljander voor.