Monday, 11 March 2013

ASPERSIE EN UIETERT:

DEEG:
1 k Meel
60 g Botter
½ k Melk
2 t Bakpoeier
1 t Suiker
1 Eier
sout na smaak


Meng alle bestanddele en voer tertbord daarmee uit.
Bak 4 minute op HOOG [100%]
VULSEL:
1 Blik aspersiestukkies
2 Uie, gekap
½ k Gerasperde Cheddarkaas
30g Botter
½ k dik room
sout, peper en Aromat na smaak.

Braai uie in botter vir 2 - 3 minute.
Sprei uie oor pasteikors.
Strooi sout en peper oor na smaak.
Pak aspersies bo-op uie.
Skep room oor en sprinkel kaas en bietjie Aromat oor.
Vir bruin kleur kan 'n bietjie semels en paprika oorgestrooi word.
Mikrogolf op HOOG [100%] vir 3 minute.