Monday 11 February 2013

Van boekrak tot bankie

Neem 'n ou boekrak wat jy dalk nie meer gebruik nie en verander hom as 'n nuwe bankie.

Maak seker die boekrak is stewig genoeg om die gewig van mense te kan dra.  Dis 'n oulike idee om houers te kry wat in die spasies pas - ideaal vir kinders se speelgoed bere plek.  Mooi kussings bo-op rond dit af.  Dit kan ook ingespan word vir sitplek rondom 'n ontbyt hoekie as jy wieletjies onder dit sit om maklik te kan in en uit skuif.  (Foto homechoice)