Sunday 10 February 2013

Pizza Muffins




Jy het nodig:

- 500g kitsmuffinmengsel (bv Golden Cloud Muffin Mix, Savoury Flavoured)
- 150ml sonneblomolie
- 2eiers
- 320ml melk
- 125g spek, fyngekap
- ½ rooi soetrissie, fyngekap
- 10ml sonneblomolie
- 50g cheddarkaas

Só maak mens:
1- Voorverhit die oond tot 210°C.
2- Verhit die sonneblomolie en braai die spek tot bros. Voeg die soetrissie by.
3- Gooi die muffinmengsel in ’n groot mengbak.
4- Voeg dan die brosgebraaide spek en die soetrissie by die muffin¬mengsel.
5- Klits die olie, eiers en melk in ’n beker saam.
6- Giet die eiermengsel geleidelik by die meelmengsel om ’n sagte deeg te vorm. Spaar die laaste bietjie eier-mengsel.
7- Skep die deeg in ’n voorafbereide muffinpan. Borsel met die oorblywende eier en plaas in die oond. Bak vir 15 tot 20minute.