Sunday, 10 February 2013
Alles-in-een-pan-ontbyt
(6 porsies)
•45 ml olyfolie
•1 ui, in dun ringe gesny
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•2 (225 g) chorizo-worse, in ringe gesny (gebruik enige ander oorskiet vleis)
•1 x basiese oond-aartappels (kyk op ons blog onder resepte vir hierdie resep)
•sout en varsgemaalde swartpeper
•6 eiers
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslagbraaipan wat geskik is vir die oond. Voeg ui en knoffel by en roerbraai vir 5 minute of tot goudbruin. Voeg wors by en braai vir nog 5 minute. Sny aartappels in klein blokkies en voeg by. Braai vir 2 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Verwyder van hitte en breek 6 eiers in pan. Plaas in warm oond en bak vir 5 minute vir sagte eiers of langer as jy dit harder verkies. Sit warm voor.