Monday 21 January 2013

Groen vye konfyt

1,25 kg suiker per 1 kg vrugte
1,5 liter water per 1 kg suiker
50-60 ml suurlemoensap per 3 kg vrugte

Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.

Krap, rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny 'n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik. Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater / 25 ml gebluste kalk - 45 ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af.

Sit vye in en 'n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook is, ± 30 minute. Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte kan met skille ook gebruik word maar die kooktyd in water moet verleng word.