Wednesday 23 January 2013

Plant 'n Boontjie - Tent vir die kinders

Om boontjies te plant in die tuin is 'n wonderlike leer proses vir kinders.  Ons almal ken die boontjies wat jy in 'n piering onder nat watte kan plant en dophou hoe hy groei.  Nou ja hier is 'n oulike idee.  Plant die boontjies in die vorm van 'n tent in jou tuin uit en die kinders kan ure se pret binne hierdie groen blaretent beleef. 

Al wat jy benodig is:

1)  Boontjies - Maak seker dit is rankboontjies / runnerbeans.  (Jy kan hul direk in die grond plant of eers in blikkies op die agterstoep en dan later uitplant wanneer hulle groot genoeg is.)
2)  Maak 'n sirkel op die grond en plant dit so in 'n halfmaan of "driekwart maan" sodat daar net 'n groot genoeg opening is vir die kinders om te kan in en uit.
3)  Gebruik hout latte om die struktuur te maak. 
4)  Gee water en siedaar, jou tent sal begin groei en die kinders sal later die oes werk baie geniet.