Wednesday 12 December 2012

Vrugtepons




Die dieprooi bessiekleur laat lyk dit net so lekker soos dit smaak.
(sowat 6 liter)
  • 12 rooi appels, in dun ringe gesny
  • 250 g bloubessies
  • 2 liter aarbeisap
  • 1 liter bosbessiesap (cranberry)
  • 2 liter limonade
  • 1 x 750 ml-bottel vonkelwyn van jou keuse
  • 1 kg ys
Gooi al die bestanddele bymekaar en sit voor in 'n groot glasbak.
Wenk: Jy hoef nie vonkelwyn by te voeg as jy nie van alkohol hou nie. Jy kan dit vervang met 750 ml vonkeldruiwesap.