Friday 14 December 2012

VINNIGE KERSFEESROOMYS




VINNIGE KERSFEESROOMYS - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
2 liter vanielje-roomys
180g onversierde vrugtekoek
(1 dikkerige sny)

METODE
Laat staan roomys by kamertemperatuur tot sag, maar nie gesmelt. Verhit droë pan en krummel vrugtekoek daarin. Skud pan totdat krummels begin verhard, maar werk versigtig sodat dit nie verbrand nie. Skep lepels roomys in ’n ronde mengbak of poedingvorm. Sprinkel ’n bietjie vrugtekoek oor. Herhaal proses totdat vrugtekoek op is en net ’n klein bietjie roomys oor is. Belangrik: Moet nooit roer nie! Skep laaste roomys oor en maak bokant gelyk. Verseël met plastiek en vries tot benodig. Net voor jy dit opskep Plaas bak in warm water vir ’n paar sekondes. Keer om op opdienbord, versier met vars of ingelegde vrugte, versuikerde gemmer en speserykoekies. Sit dadelik voor.