Thursday 8 November 2012
WHISKY EN SITRUS KOEKSTRUIF
Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
6 tot 8 glasbakkies
ryk en maklike vrugtekoek
dik, dik vla
handvol geroosterde amandelskyfies
skil van 1 lemoen of nartjie
whiskey
METODE
Plaas 'n skyfie vrugtekoek in elke individuele glasbakkie. Skep vla oor. Strooi met amandels en skil. Herhaal proses. Gooi sopie whiskey in bodem van glas en bedien.
JY BENODIG (DIK, DIK VLA)
2 k melk
1 t vanielje-ekstrak
½ k suiker
6 eiergele
2 t mielieblom
METODE
Verhit melk, vanielje en suiker in kastrol. Roer tot suiker oplos. Verwyder van stoof en laat effens afkoel. Klits eiers in mengbak. Meng mielieblom met 2 eetlepels melk in aparte bakkie. Klits by eiers. Klits 2 eetlepels van effens afgekoelde melk by eiers. Klits eiermengsel by melk in kastrol. Roer met draadklitser oor medium hitte totdat vla begin verdik. Verwyder van stoof en giet deur sif.