Tuesday 13 November 2012

Spanspek-en-kiwismoothie - heerlik vir ontbyt




Maak: 2 liter

1 spanspek, geskil en die pitte uitgeskraap
4 kiwivrugte, geskil en gehalveer
500 ml vrugtesap - appel, mango of bessie is goeie keuses
500 ml jogurt
40 ml koringkiem
40 ml heuning
10 kruisementblare
Verwerk al die bestanddele saam in 'n voedselverwerker en sit dit voor in lang glase.