Meringue
2 eierwitte, teen kamertemperatuur
5 ml suurlemoensap
Knippie sout
180 ml strooisuiker
30 ml versiersuiker, gesif
30 ml mielieblom, gesif
125 ml fyn klapper
Bolaag
250 ml room
5 ml vanieljegeursel
30 ml versiersuiker
375 ml somerbessies, skoongemaak en gesny, indien nodig
Voorverhit die oond tot 120 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en smeer weer. Klits eierwitte, suurlemoensap en sout saam tot stywe punte vorm. Voeg strooisuiker lepelsgewys by terwyl jy klits tot dik en blinkwit.
Sif versiersuiker en mielieblom bo-oor en vou in saam met klapper. Skep op bakplaat en smeer egalig in ’n reghoekige vorm van sowat 2 cm dik. Bak vir 60-90 minute. Skakel oond af en laat meringue in die oond afkoel tot bros.
Net voor opdiening, klits room, vanieljegeursel en versiersuiker saam tot sagte punte vorm en skep op die meringue. Sprinkel die bessies oor en sit dadelik voor. Lewer 12-14 porsies. (Landbouweekblad)