Friday 23 November 2012

Kersversiering in 'n kits met ou "gumboots"

Dalk lê daar erens in 'n kas 'n paar ou tuinskoene (gumboots) wat jy nie meer dra nie.  Hier is 'n oulike idee:

Gryp 'n kan helder rooi spray paint en spuit hulle heeltemal rooi.  Gom 'n stuk wit watteersel om die boonste rand en siedaar jy het kersfees-stewels wat jou net 'n paar rand kos, maar wat 'n pragtige versiering by die voordeur kan wees.
Jy kan dit verder afrond deur geskenkpakkies in die stewels te gooi. (Dit kan leë karton houertjies wees wat jy oorgetrek het net vir die "show".)