Sunday 18 November 2012

Griekse Klappertert

Magda Steenekamp
Room die drie bestanddele baie goed:
125 g margarien
250 ml suiker
3 eiers
Voeg saam en meng by eerste drie bestanddele:
500 ml klapper
250 ml meelblom
3 tl bakpoeier
'n knippie sout
250 ml lou melk
Gooi mengsel in twee gesmeerde tertpanne en bak vir 35
minute by 180º.
Berei intussen die stroop:
250 ml suiker
250 ml water
1 tl vanielje
Kook saam vir 5 minute.
Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die sousie oor en
siedaar! Dit is nog verleideliker as jy 'n homp room bo-op skep.