Tuesday 20 November 2012

Eilandsmoothie




Eilandsmoothie met skop (jy kan maar die alkohol weglaat ook)
Maak: 1,3 literBereidingstyd: 15 minute
½ spanspek, geskil en in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
5 stukkies gepreserveerde gemmer in stroop
6 groot skeppe vanieljeroomys
50 ml klapperroom
25 ml vodka
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
Gooi al die bestanddele in 'n versapper en verwerk dit tot glad. Vul lang glase met gebreekte ys, gooi die smoothie in en sit dit dadelik voor.