Wednesday 21 November 2012

Aartappelslaai in 'n glas fles vir 2 maande


Hettie Weideman het vir ons hierdie resep gestuur van aartappelslaai wat jy vir tot 2 maande in 'n glas fles kan bere.  Dis mos nou ideaal vir die somer of vir wanneer jy met vakansie gaan.

INGELEGDE AARTAPPELSLAAI:
4kg aartappels
2 Bottels mayonaise
1 Blik kondensmelk
3 Groot uie gekap

Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.. Gooi water af.
Gooi mayonaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Gooi aartappels by warm mayonaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels. Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.