Thursday 11 October 2012

Voordeur vir 'n feesgety

Vrolik jou voordeur en ingang na jou huis, in ‘n kits op vir die feesgety.  Hier is ‘n paar idees hoe om vinnig ‘n verandering te maak wat jou nie ‘n klomp geld uit die sak sal jag nie:
1)       Sit twee potte weerskante van die deur met helder vrolike plante / blomme daarin.  (bv.  Malvas, Coleus, Conifers vir hoogte, Asters, Petunias, Impatiens, ens.)
2)      Sit ‘n “welcome” matjie voor jou deur.
3)      Hang ‘n kersfees krans teen jou voordeur op.
4)      As jy ‘n paar trappies na jou voordeur het, kan jy potjies met blomme al langs die trappies plaas.
5)      Lee plant potte naby die voordeur wat jy betyds geplant kry met blomme nie, kan opgevrolik word deur dennebolle en kersversierings daarin te plaas en dan ‘n kers in ‘n glas pot in die middle van die blompot met versierings te plaas.
6)      As jy ‘n afdakkie oor jou voordeur het en jy het ‘n ekstra geldjie om te spandeer, hang “fairylights” (kersfeesliggies) aan die voorkant om mooi lig te gee oukersaand.