Monday 8 October 2012

Resepte met oorskiet boerewors

Lourens de Lange
 
Kook pasta tot gaar - maak wors weer warm en sny in stukkies -meng met pasta en garneer met pasta sous
 
Maryna Mouton
 
Draai dit in gekoopte puff pastry toe en bak tot degie gaar is.
 
WORS PASTEI:

1 ui, fyngekap
5 ml droë of 15 ml gekapte, vars gemengde kruie
250 g swoerdlose streepspekvleisrepe, fyngesny
2 gaar aartappels, in blokkies gesny
2 tamaties, geskil en gekap
'n halwe 400 g-rol bevrore skilferdeeg
500g boerewors

Plaas worsvleis in 'n mengbak en maak vleis los met twee vurke. Voeg ui en kruie by en meng liggies. Braai spekvleis in 'n swaarboompan tot bros, skep uit en hou eenkant. Voeg worsmengsel by uitgebraaide vet en braai totdat vleis verkleur. Voeg aartappels en tamaties by en prut vir 'n paar minute. Geur na smaak met sout en peper. Skep uit in 'n vlak oondbak en laat effens afkoel. Strooi spekvleis oor. Rol skilferdeeg uit en bedek oondbak daarmee. Sny rante netjies en bak vir 15 tot 20 minute in 'n voorverhitte oond by 200C, of totdat pastei goudbruin is
 
Tarita Pacé - gooi koppie rou rys in oondbak, strooi minestrone op oor en met een liter kookwater bo-oor, bak vir uur, meng stukkie wors in, koppie kaas en blik bake beans....
 
Jaco Nita Combrink Visser
 
Koue - Gaarvleis Tert
2 koppie gaar gemaalde vleis
1 koppie koue gaar aartappel in blokkies gesny
1 blik klein heel sampioene
1 meduim ui
1 eeteel tamatiesous
1/4 tl.sout
1 eier
1 eeteel botter
gerasperde kaas
1 eeteel worcestersous
1/2 koppie melk
• Dreineer sampioene maar bewaar water.
• Smelt botter in kastrol,voeg sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot ligbruin oor lae hitte.
• Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute.
• Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas.
• Voeg sampioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors, verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo-oor.
• Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar 'n stukkie botter. Bak vir omtrent 20 minute in warm oond teen 220°C
 
Santie Carelse
 
Druk die vleis uit die derm uit. Vat van die gekoopte roldeeg en vul muffinpannetjies se holtes met die degie. Sit die vleis daarin met n biejtie gerasperde kaas en sit n deeg dekseltjie oor dit. Bak in die oond tot gaar!! Dis heerlik!!!!!!
 
Tisha Barnard - lekke krummelpap,sny wors in wielietjies,sit paar blokke aartappel by en beef stock souse(nuwe 1 van know)maak aan met bietjie water en gooi als oor.vinnig ryk en lekker!moenie die beetslaai op die kant vergeet!!!!!!yummi
 
Linda Barnard Van Eeden
 
Sny in stukkies roer saam met gaar rys en tamatie en uie bredie en bedien met beetslaai - eenvoudig maar baie lekker