Monday 22 October 2012

MAKLIKE MELKTERT




Ansie van Wyk

Hierdie melktert is pure vulsel met net ‘n beduidenis van ‘n kors.
¼ Pkt Tennisbeskuitjies
750ml Melk 
115g ( ½ k) Botter/margarien
100g ( ½ k) Suiker
40g (4e) Koekmeel
30g (3e) Maziena
1 ml Sout
2 Ekstra groot eiers
5 ml Vanielje
30 ml Klapper
Kaneelsuiker

Verhit die oond tot 180 grade C.
Smeer ‘n oondvaste tertbord met ‘n volume van 1,25liter (5k) kwistig (lekker dik) met botter/margarien.
Verkrummel die beskuitjies lekker fyn.
Skud dit in die tertbord totdat die boom en wande heeltemal bedek is. Plaas in die yskas om te verkoel.
Verhit 625ml van die melk, die botter en die helfte van die suiker tot kookpunt op die stoof. (Ek doen myne in die mikrogolf). Skei die eiers.
Plaas die oorblywende melk, eiergele oorblywende suiker, meel, maziena en sout in ‘n houertjie om te skud. (Die plastiese houertjie wat jy kry met die wielietjie bo in die deksel…)
Skud baie goed tot alles gemeng is sonder klonte.
Wanner die melk kookpunt bereik gooi bietjie daarvan by die meelmengsel en meng.
Gooi dit nou by die res van die melk en roer. Plaas terug in die mikrogolf en kook tot dik. Roer gereeld terwyl jy dit mikrogolf.
Haal uit die mikrogolf en voeg die vanielje by.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou dit liggies by die melkpap in.
Giet alles in die kors. Strooi klapper oor (Ek gooi sommer ‘n hele klompie oor – hou nie van kaneel nie)
Bak die tert vir ongeveer ‘n halfuur lank tot dit verbruin.
Strooi kaneelsuiker oor indien verkies.
Sit louwarm voor. (Ek het gevind jy moet hom maar ‘n hele ruk laat staan om te ‘stol’ dan sny dit beter