Tuesday, 2 October 2012

Kersete - een alleen of dalk vir twee


‘n Groot familie kersete is nie altyd vir almal beskore nie.  Buitendien wie het gese kersetes moet altyd groot onthale wees? Daar is mense wat nie groot families het nie, of mense wat erens in ‘n land alleen bly of dalk net verkies om Kerstyd eerder alleen deur te bring.  So of jy nou een alleen is of dalk Kersdag met een spesiale persoon deel, jy kan steeds Kersdag geniet met al die spesiale vreugdes.
In Suid Afrika en party ander lande val Kersdag in die somer, so hoekom nie ‘n heerlike piekniek mandjie pak nie.  Kry die dag tevore klaar verpakte kos porsies by ‘n Deli of winkel van jou keuse en pak kersoggend ‘n mandjie met alles waarvan jy hou.  Dis ‘n kans om jouself bietjie te “spoil”.  Daardie duur sjokolade wat jy nooit wil koop nie oor die prys? – pak hom in.  Daardie duur koue vleis wat jy altyd maar net verby loop op die rak? – pak hom in.  Bederf jouself en geniet die mooi en rustige uitsig oor die see. 

(Oor Kerstyd verkoop baie winkels individuele porsies kersfees vrugtekoek, kersfees poeding (trifle) en selfs kersetes tot gammon en skaapboud ingesluit.)