Friday, 5 October 2012

Kaaskoek




Lewer 1 kaaskoek

Kors
300 ml Jungle Oats
300 ml Mariebeskuitjies, gekrummel (ongeveer 12 beskuitjies)
75 ml botter, gesmelt
15 ml bruinsuiker

Vulsel
10 ml gelatien
397 g (1 blikkie) kondensmelk
250 ml maaskaas
175 ml ongegeurde jogurt
75 ml suurlemoensap
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Voorverhit oond tot 180ºC.

Kors
1. Meng al die bestanddele saam tot goed gemeng.
2. Druk op die bodem van ’n gesmeerde 23cm-losboompan.
3. Bak 10 minute lank. Laat afkoel

Vulsel
1. Los gelatien op in 50 ml louwarm water.
Laat afkoel

2. Meng al die ander bestanddele saam en voeg afgekoelde gelatien by. Meng.
3. Skep mengsel bo-op kors en plaas in yskas tot gestol.
4. Haal uit pan. Versier met vars bessies of ander vrugte van u keuse.

Wenk: Hierdie vulsel maak ’n middelmatige dikte kaaskoek. Vir ’n kaaskoek met ’n dikker vulsel moet u die bestanddele van die vulsel verdubbel.