Tuesday, 2 October 2012

Huisie in die tuin

Lorinda Maritz het hierdie oulike fototjie op ons FB blad gesit en dit het my net weer laat dink.  Hoekom moet 'n "wendy huisie" in die tuin altyd verwaarloos lyk?  Hoekom kan dit nie die fokuspunt van jou tuin wees nie?

Net 'n bietjie verf en siedaar - 'n heel nuwe prentjie.  Dit kan mooi versier word soos op die foto of jy kan potte met vrolike helder malvas oral by die voordeur sit om dit nog meer op te helder.

Daar is indelose idees as jou tuinhuisie so mooi lyk: 'n Hoekie vir lees, 'n naaldwerk kamer, 'n bere plek vir tuinpotte en als wat jy benodig om tuin te maak, kinder speelplek, aantrekhokkie vir by 'n swembad..... en nog vele meer.