Friday 7 September 2012

vlakoek



Esmé Meyer

Resep:

250ml gesifte koekmeel
75ml mielieblom (maizena)
5ml bakpoeier
1ml sout
5 groot eiers, geskei
250ml strooisuiker
100ml yswater

Stel oond op 180ºC en smeer twee laagkoekpanne 20cm in deursnee baie goed.
Sif droë bestanddele behalwe strooisuiker saam. Klits eiergele en strooisuiker saam tot romerig, liggeel en dik ("lintstadium"). Klits yswater geleidelik by. Vou droë bestanddele bietjiesgewys by en vou saggies in (dit neem vir ewig) :P Klits eierwitte tot styf maar nie te droog nie en vou ook sagkens in. Giet in panne en bak 25-30 min in middel van oond. Keer uit op draadrak en laat afkoel.

Vlamengsel:
500 ml melk
75ml vlapoeier
125g sagte botter/Stork bake
250ml strooisuiker
10ml vanieljegeursel

Verhit 400ml vd melk, los vlapoeier in oorblywende melk op. Roer vinnig in by amper-kokende melk en bly klop met draadklopper/klitser tot dik. Laat afkoel en maak plan dat dit nie 'n velletjie vorm nie. Klop botter en strooisuiker tot lig en donsig, roer geursel by en klits KOUE vla geleidelik by. (As dit nog warm is gaan jou botter smelt en gaan jy 'n pap onsmeerbare spulletjie kry). Smeer vlavulsel dik tussen lae en om die kante.
Dis hier waar ek dan die 500ml room klits tot styf en reg om die koek smeer want dit lyk maar na Ouma se bloomers net so met die vla :P (Skuus, lg was my kind se opmerking)... Ek maak dit net in die winter omdat die vla en room baie gou sal suur word in die hitte, maar as jy baie eters het is dit goed!!

Die roomversiersel is 500ml room, opgeklits! Omdat die res alles soet is moet mens dit nie eens versoet nie.

§  (vir die wat die stok-ou Huisgenoot se Wenresepte nr 1 het, dis die heel laaste grootkoek op bl 202.