Wednesday 12 September 2012

vanilla oondpan koek

Elaine Faasen Rossouw
Meng in beker an laat staan om af te koel: 500ml kookwater & 150ml olie.
Klits saam tot baie donsig en liggeel: 6 groot eiers & 3 koppies suiker
Voeg by die eier en suiker mengsel:
3 koppies koekmeel, 30ml bakpoeier & 2 ml sout.
Vou meel met houtlepel by die eiermengsel in anders is daar te veel lug in die mengsel en kry jy tonneltjies in die koek wanneer dit klaar gebak is.
Gooi nou die water en olie mengsel by en meng goed met die houtlepel.
Gooi mengsel in oondpan en bak 30 minute @ 180°C.