Wednesday 19 September 2012

LAMSVLEIS-EN-BOTTERSKORSIEKERRIE




45ml sonneblomolie
6 kardemomsade, gekneus
1 kaneelstokkie
1kg lamskenkels
2 uie gekap
8ml fyngedrukte knoffel
8ml gerasperde gemmer
10ml fyn komyn
10ml fyn koljander
10ml fyn paprika
2 blikke heel tamaties
300g botterskorsie blokkies
100g droë appelkose
10ml suurlemoensap
50ml warm blatjang
Gekapte vars koljanderblare

Verhit 30ml sonneblomolie in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die kardemom en kaneel by. Roer en voeg dan ‘n paar stukkies vleis by. Braai dit totdat die vleis mooi bruin is. Skep die vleis uit die pan en hou dit eenkant. Herhaal die proses met die res van die lamsvleisstukkies.

Verhit die res van die olie en voeg die ui. Soteer tot sag en gooi dan die knoffel, gemmer en speserye by. Braai vir ‘n paar minute en gooi die tamatie by. Verhit tot kookpunt en skep dan die lamsvleis terug in die kastrol. Sit die deksel op en laat vir omtrent 1h30 prut tot die vleis amper sag is. Voeg die botterskorsie en appelkose by en kook dit vir nog 30 minute of tot sag.

Roer die suurlemoensap, blatjang en koljanderblare deur.