Tuesday 18 September 2012

DUIWELSLAAI





400g gebraaide vleis in repies gesny
6 agurkies in dun skyfies gesny
250g gaar groenbone
1 ui in dun ringe gesny
1 rooi paprika of brandrissie in dun repies gesny
1 tamatie in dun skyfies gesny
olywe

Meng alle slaaibestanddele liggies. Meng voorbereide sous deur.

SOUS
25ml mayonnaise
12.5ml asyn
25ml tamatiesous
Tobasco sous na smaak
2.5ml paprika poeier
sout en peper na smaak

Meng sous bestanddele en roer deur slaai.