Friday 7 September 2012

De Lange Pietsa Brood



Lourens de Lange
Ek koop sommer die klaar gemaakte 1kg deeg

Rol op tafel met koekmeel uit tot bietjie groter as broodpan( langwerpig en 1 cm dik)
Plaas alles op wat jy op 'n pietsa sal sit - van tamatie puree tot sampioene en kaas
Geen souserige produkte nie asb.
Begin deeg stadig oprol in die rigting van die broodpan wat plat le( soos swissroll)
Rol rol in pan en draai regop en laat rys normaal
Bak by 175 C soos normale brood.

Vir rollejies - doen alles dieselfde - behalwe as rol klaar opgerol is - sny in 3cm skywe en plaas plat op gesmeerde bakplaat ( ek strooi koekmeel op plaat)
Bak teen 175 C vir 25 min -
Die rolletjies moet dop gehou word omrede dit oop bak en vinnig kan brand.
Braai knoffel in botter en verf oor warm brood of rolletjies as uit oond kom.