Monday 10 September 2012

BILTONGSLAAI MET SUURLEMOENVINKELSOUS





SLAAI
500ml dun skyfies klam beesbiltong
100ml Franse slaaisous
12 jong spinasie of slaaiblare
125ml boontjiespruite
1 rooi soetrissie, ontpit, in dun repe gesny
125 gewone of knoffelcroutons
2 hardgekookte eiers, in kwarte gesny

SLAAISOUS
150ml mayonnaise
150ml suurroom
5ml gekapte, vars vinkelblare
1 ui, gerasper
5ml droë of 15ml gekapte, vars pietersielie
15ml suurlemoensap
1ml aangemaakte mosterd
sout en varsgemaalde swartpeper

Marineer biltong 4-6 uur in Franse slaaisous. Meng die blare en spruite liggies saam. Dreineer die biltong en voeg saam met die soetrissie en eierkwarte by die blaarmengsel. Meng liggies. Voeg croutons by en giet slaaisous oor net voor opdiening of sit die slaaisous apart voor. Bedien met vars, growwe broodrolletjies.