Wednesday, 15 August 2012

NAARTJIES IN STROOP

Rene King Goncalves
 
Dit maak oulike geskenkies vir Kersfees en heerlik by enige varkgereg!

Los 2 kg suiker in 2 liter water op en voeg die sap van 1 suurlemoen en 1 vanilla peul by.
Laat stadig kook vir 10 minute.
Voeg 2 kg halwe naartjies by en kook stadig vir 45 minute totdat die skil deurskynend is.
Skep in gesteriliseerde bottels terwyl dit nog warm is, maak toe en laat afkoel.
Bedien met sterk kaas.